Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 04 MAART 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met droefheid en skok dat die tragiese en onmiddellike beëindiging van die lewe van Rodger Gadsden, ZS5FX, verlede naweek, aangekondig word.

Rodger is noodlottig in Crestholme-huis deur 'n familievriend geskiet wat homself daarna ook geskiet het en later aan sy wonde oorlede is.

Rodger was 'n aktiewe lid van die Durban amateurradiogemeenskap, 'n ware heer en hulpvaardig in sy gemeenskap.

Ons innige vertroosting aan sy familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SARL KOM OOREEN OOR HOE OM OOR REGULASIES TE EKSAMINEER

BETAAL JOU LISENSIE VIR 5 JAAR EN SPAAR

SLUIT VOLGENDE SONDAG 11 MAART BY INTEGNET AAN

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SARL KOM OOREEN OOR HOE OM OOR REGULASIES TE EKSAMINEER

Die Suid-Afrikaanse Radioliga en OKOSA het ooreengekom oor hoe om in die Mei 2012 radioamateureksamen oor die regulasies te eksamineer. Die SARL het 'n vraestel opgestel met vrae wat betrekking het op regulasies in die ou sowel as die nuwe regulasies. As gevolg van onjuisthede in die nuwe regulasies het die SARL dit as 'n kompromie voorgestel totdat die hersiening van die 1 April 2011 regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is. Op die kwartaallikse skakelingvergadering, gehou op Donderdag verlede week, het OKOSA die SARL-voorstel aanvaar.

OKOSA het ook die vergadering ingelig dat die hersiening van die regulasies gereed is om in die Staatskoerant gepubliseer te word na afhandeling van 'n hofsaak met een van die sellulêre maatskappye oor die fooiestruktuur. Die saak dien op 6 Maart 2012 voor die hof.

BETAAL JOU LISENSIE VIR 5 JAAR EN SPAAR

OKOSA het bevestig dat wanneer die amateurradiolisensie op 1 April betaalbaar is, radioamateurs die opsie sal hê om vir 5 jaar te betaal die moeite sal spaar om jaarliks te betaal en op die koste te bespaar. Die jaarlikse gelde is R120, maar vir R501 kan jy die lisensie vir 5 jaar kry. Ongeag van wat op die OKOSA-faktuur staan, sal deur R501 te betaal jou lisensie vir vyf jaar outomaties hernu word. Daar is egter geen terugbetaling indien die persoon vir watter rede ookal sy lisensie opgee nie.

'n Algemene wanopvatting is dat die lisensiefooie aan OKOSA toeval, dit is nie so nie. Die gelde gaan aan die Tesourie. OKOSA word befonds uit die jaarlikse begroting met ‘n toekenning deur die Tesourie aan die DVK.

SLUIT VOLGENDE SONDAG 11 MAART BY INTEGNET AAN

Die volgende interaktiewe tegniese net of SARL-integnet sal op Sondagaand 11 Maart om 19:30 gehou word met Vincent Harrison, ZS6BTY, as gasspreker. Die onderwerp sal antennas wees. Vincent sal kyk na HF-antennas om DX te werk, insluitend dipole, vertikales en klein rigstralers. Hy sal fokus op die effek van hoogte bo die grond, uistralingspatrone en -hoeke. Hy sal ook kortliks raak aan antennas vir 80 en 160 meter. 'n PowerPoint-aanbieding sal 'n paar dae voor die integnet op www.sar.org.za beskikbaar gestel word.

Klubs wat hul herhalers aan die konferensiebrug wil koppel moet voor volgende Woensdag besonderhede stuur aan artoday@sarl.org.za.

AUSTRALIË SE REGULEERDER EN WIA GAAN BESTUDEER OM TE SIEN OF VK AMATEURS ‘N 1 kW KRAGPERK MAG HÊ

Gevorderde klas radioamateurs in Australië word genooi om deel te neem aan 'n studie om vas te stel of dit moontlik is om die kragperk te daar onder tot 'n volle kilowatt te verhoog. Dit, soos die Australiese Kommunikasie-en Media-Owerheid, beter bekend as die ACMA, die besonderhede oor die gebruik van 'n hoër krag senderuitset vir n toetstydperk op sy webwerf gepubliseer het. Michael Owen, VK3KI, die President van die die Wireless Institute of Australia sê "Die ACMA het op sy webwerf besonderhede van die toets van 'n hoër krag senderuitset vir gevorderde amateurradio lisensiehouers gepubliseer. Die toets het op 1 Maart 2012 begin en sal voortduur tot 31 Augustus 2013."

Die ACMA het die WIA ingelig dat die 18 maande magtiging bedoel is om die ACMA die tyd te laat om die sukses van die toets na 'n tydperk van 12 maande te evalueer en om permanente regulerende reëlings te oorweeg, indien geregverdig, ten einde tydvertraging tussen die evaluering en die implementering van permanente reëlings te vermy. Indien toepaslik, waarsku die Raad van Direkteure van die Wireless Institute of Australia, amateurs teen oorweging van die verkryging van 'n hoër krag permit aangesien dit net 'n toets is. As sodanig, as daar probleme opduik, kan dit beïnvloed of amateurs daar onder permanent in staat sal wees om die hoër te mag gebruik. In die besonder, as steuring aan ander veroorsaak word, beveel die WIA aan dat die betrokke VK-radioamateur onmiddellik moet doen wat nodig is om die steuring te stop, en moet ook die probleem oplos.

SARL SAL 'N REGULERENDE PADKAART BY DIE AJV BESPREEK

Tydens die onlangse vergadering van die Raad is besluit om 'n regulerende padkaart te ontwikkel oor verskillende lisensie- en regulatoriese kwessies wat met OKOSA bespreek en ooreengekom moet word. Die bespreking sal onder algemeen by die AJV plaasvind. Radioamateurs wat graag insette wil lewer, word genooi om hul insette te stuur aan artoday@sarl.org.za, nie later nie as 31 Maart sodat die dokument op die web beskikbaar gestel kan word. Merk asseblief die onderwerp in jou e-pos "padkaart”. As jy dit as 'n aanhangsel stuur, maak asseblief seker dat dit in WORD-formaat is.

5 MHz FREKWENSIE KAN VOOR WRC15 IN SA WEES

Op die OKOSA/SARL se skakelvergadering is die SARL se voorstel dat 'n tussentydse reëling getref word om spektrum naby 5 MHz aan amateurradio toe te ken, bespreek.

Die WRC12 Resolusie COM6/12, wat die toekenning op ongeveer 5 300 kHz aan die amateurdiens op 'n sekondêre basis moontlik maak, is aanvaar.

ITU-R (Radiokommunikasiesektor) is uitgenooi om spektrumvereistes vir 'n sekondêre toekenning aan die amateurdiens in die band 5 250 – 5 450 kHz te bestudeer en studies te doen oor die impak op ander dienste wat tans in die band toegeken is.

Na verdere bespreking is ooreengekom dat die SARL 'n hersiene voorstel sal indien vir spektrumtoekenning aan radioamateurs in daardie band vir die doel van voortplantingstudies in terme van die uitnodiging van die ITU-R. Die SARL sal die gewysigde voorstel binne die volgende week by OKOSA indien.

NOMINASIES INGEWAG VIR DIE TINUS LANGE 7066 TEGNIESE TOEKENNINGS

Nominasies word ingewag vir beide die Tinus Lange 7066 Tegniese Uitnemendheid- en die Tinus Lange 7066 Junior Tegniese Uitnemendheidstoekennings.

Die toekennings word jaarliks toegeken aan persone wat 'n tegniese projek indien in enige van die volgende kategorieë:
Ontwerp en/of die konstruksie van items soos 'n voorversterker, SGV-brug, seinoordragingseenheid, outomatiese ID-er, praktiese antenna-idees, mas, draagbare toerusting, kragbronne, ens. of ook enige programmatuur vir gebruik in amateurradio.

Die voorlegging moet die volgende insluit:
Die werklike items (as grootte en massa dit toelaat) of foto’s (veral in die geval van antennas, maste ens) 'n volledige beskrywing in artikelformaat, met illustrasies/foto's gereed vir publikasie in Radio ZS.

Die toekennings:
Tegniese Prestasietoekenning: 'n Geraamde sertifikaat en 'n kontant toekenning van R350.
Junior Tegniese Prestasie-toekenning (onder 25 jaar oud): 'n Geraamde sertifikaat en 'n kontant toekenning van R350.

ENTITEIT MVI VAN DIE DXCC EREROL VERWYDER

Volgens die Finse Ministerie van Vervoer en Kommunikasie, is die Saimaa Canal Verdrag tussen Finland en Rusland deur die betrokke Finse en die Russiese owerhede deur bekragtiging gefinaliseer.

Die verdrag het op 17 Februarie 2012 in werking getree.

Die uitwerking van hierdie verdrag is dat Malyj Vysotskij Island (MVI), R1M nie meer in die verdrag is nie. Dus, MVI sal van 17 Februarie 2012 van die DXCC-lys verwyder word, en by die lys van Geskraapte Entiteite bygevoeg word.

Hierdie verandering sal die ererol as volg beïnvloed:

Dit sal daal tot 340 (van 341) en die intreevlak ererol sal daal tot 331 (van 332).

KOMPETISIEUITSLAE

PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie.

Hier is die voorlopige uitslae met nasionale wenners:

Digitale stasies.
6 m: ZS5Y. - 140 354
4 m: ZS2ACP & ZU6MIC - 1 183
2 m: ZS5Y - 31 716
23 cm: ZS6BNE - 244 punte.

Langste afstande op digitaal bereik.
6 m: ZS1LS & ZS6NK - 1 538 km
4 m: ZS2ACP. & ZU6MIC - 1 183 km
2 m: ZS1LS. & ZS6BUN - 1 268 km,
23 cm: ZS6BNE-& ZS6BUN - 244 km.

Analoog basis-stasies.
6 m: ZS1NAZ - 63 666,
4 m: ZS2OC. - 383,
2 m: ZS2I - 26 456
70 cm: ZS2BK - 1 544
23 cm: ZS6BNE - 244 punte.

Analoog veldstasies.
6 m: ZS2ABB - 19 392
4 m: ZS2BO. - 593
2 m: ZS2VDL - 63 014,
70 cm: ZS2BO & ZS2VDL - 4 416
23 cm: ZS2ABB - 182 punte.

Langste afstande op analoog bereik.
6 m: ZS1NAZ & ZS6A - 1 278 km
4 m: ZS2BO/ZS2VDL. & ZS2Q - 88 km
2 m: ZS5Y. & ZS6BUN - 476 km
70 cm: ZS5Y & ZS6BNE - 244 km
23cm: ZS5Y & ZS6BNE - 244 km.

Beperkte Kategorie.
6 m ZS2E - 1 982
2 m: ZS2U - 16 060
70 cm: ZR2T – 2 096 punte.

Spesiale gelukwense aan 'n nuweling, Michelle Badenhorst, ZU6MIC-, Polokwane vir haar prestasies as nasionale mede-wenner op 4 meter digitale, sowel as Afdelingswenner op 2 meter analoog en digitaal.

'n Volledige lys van afdelingswenners en naaswenners plus al die ander punte sal met die verloop van tyd op die SARL BHF-Forum geplaas word.

KOMENDE KOMPETISIES

Jaarlikse SARL Hamnet gesimuleerde noodkompetisie.
Hierdie kompetisie vind vanmiddag van 12:00 – 14:00 UTC of 14 – 16:00 SAT plaas. Dit is 'n ESB-alleen kompetisie op 40 meter. Daar is vier klasse van deelname nl.: Klas A: Enkeloperateur Stilstaande Mobiel; Klas B: Enkeloperateur Draagbaar; Klas C: Multioperateur Draagbaar en Klas D: Enkeloperateur Basisstasie.

Die volgende inligting word uitgeruil:
Klas A: RS-verslag en serienommer beginnende met 201.
Klas B: RS-verslag en serienommer beginnende met 401.
Klas C: RS-verslag en serienommer beginnende met 601.
Klas B: RS-verslag en serienommer beginnende met 801.
Nie-deelnemers: RS-verslag en serienommer beginnende met 001.
Die punteberekening is in die reëls beskikbaar.

Logstate moet teen 11 Maart 2012 as volg ingestuur word:
Per e-pos aan contest@pears.ham-radio-op.net.
Papierlogs aan Hamnet Oos-Kaap, Al Akers, ZS2U, Clarence Straat 53, Westering, Port Elizabeth 6025.

Die SARL Maartmalligheid JD-wedloop.
Hierdie wedloop gedenk Internasionale Vrouedag op 8 Maart maar aangesien dit nie 'n publieke vakansiedag is nie, sal die wedloop van 09:00 tot 10:00 UTC (11:00 tot 12:00 SAT) op Saterdag 10 Maart plaasvind.

Dit is 'n spraakwedloop in die 40 meterband en 'n RS-verslag en JD (YL) of OM word uitgeruil. Kontakte tussen JD-stasies tel 5 punte, tussen JD- en OM-stasies 3 punte en tussen OM-stasies 1 punt.

Logstate moet teen 17 Maart ingedien word, per e-pos aan zs4bfn@netactive.co.za of per papierpos aan Bloemfontein RAK, Posbus 12104, Brandhof, 9324.

SARL BHF/UHF Analoog/Digitale kompetisie.
Die eerste skof vind plaas oor die naweek 17/18 Maart. Meer besonderhede word volgende week verskaf.

Die reëls vir alle kompetisies kan uit die 2012 Kompetisiehandboek verkry word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit laag is. Nuwe Sonvlek 427 is stabiel met bykans geen kans vir sonfakkels nie. Die agterkant van die son is egter 'n ander storie en daar word gehoop dat die hoër aktiwiteit na die aarde se kant toe sal roteer.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 44.

20 tot 10 m en veral 15 m gaan pret wees met 10 m wat net sporadies gaan oopmaak as gevolg van die lae sonaktiwiteit.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

04 Maart, vanmiddag - SARL Hamnet gesimuleerde noodkompetisie 12:00 – 14:00 UTC of 14 – 16:00 SAT, logstate in teen 11 Maart.
10 Maart - SARL Maartmalligheid JD-wedloop 09:00 tot 10:00 UTC (11:00 tot 12:00 SAT) logstate in teen 17 Maart.
11 Maart – Integnet om 19;30 SAT.
17/18 Maart - SARL BHF/UHF Analoog/Digitale kompetisie.
21 Maart - ZS6ERB se konstruksiedag.
30 Maart – Laaste dag vir insending van regulatoriese items vir bespreking met OKOSA aan artoday@sarl.org.za.
20 - 22 April SARL-konvensie in Pinetown.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003